Education

March 10, 2011

Bittereinder - Die Ware Verhaal




Dis die jaar 2011, tye verander, mense verander en musiek verander.

Weg beweeg ons van die tradisionele "Afrikaanse Musiek Raamwerk", en diep duik ons in die see van die vars nuwe klank, die onvergeetbare klank, die Bittereinder klank! Hulle beskryf hulle musiek soos volg "dit klink soos rap maar dit voel soos afrikaans. Rap & Roll! Diep Hop"

Daar is 'n saying wat die volgende stel: "poets used to be rock stars, now rock stars are becoming the poets" 

En ek moet se ek stem heeltemal saam met daai stelling, nie net het hulle amazing klanke en instrumente nie, maar hul lirieke is, for lack of a better word, Amazing! Jaco vd Merwe is die brein agter die meerderheid van hul lirieke en weet wat hy doen! 

Elke lied vertel n storie, en nie 'n opervlakkige, "my baby wil my hê" pot snot nie, 'n dieper, meaningful storie, 'n storie/gedagte wat na die tyd weer in jou kop opduik en jou laat dink oor wat presies Jaco wou sê, wat hy wil hê die luisteraar moet wegneem van sy lirieke af. Elke lied is soos 'n goeie gedig, elke keer wat jy dit hoor, hoor jy iets nuut, sien jy iets nuut in, kom jy iets nuuts agter. Werklikwaar 'n plesier om na te luister.

Hul debut album is vroeer die jaar vrygestel, genaamd "'n Ware Verhaal", en bevat 'n hele paar interesante liedjies met 'n redelike paar diverse co-lab's, Van Parow tot Beumers tot Beckmann.

As ek sou moet skat, sou ek sê die ouens gaan die SA musiek bedryf met n ystervuis oorheers! Hou so aan manne! 


Jaco van der Merwe
Louis Minnaar

Peach van Pletzen

Hulle is, BITTEREINDER

   

So hier's die link na hul site Bittereinder, waar jy al hul musiek videos, lirieke en informasie kan be-oog! Doen jouself n guns en gaan loer bietjie na die ouens,dit sal heeltemal jou tyd werd wees!

Hiers net n gig line-up: 

12 Mar RAMFEST - JHB - In The Electronic Pyramid at 17:00


17 Mar Tune Night - POTCH



19 Mar J-Day - Assembly 



27 Mar PARK ACOUSTICS - PTA Botanical Gardens!


So, daar het julle hom!

Vrede!










No comments:

Post a Comment

Please Leave Your Comment Below