Education

June 20, 2011

Bittereinder drop nog n Awesome Bom!


Yes, goeiemore, long time ek weet, jammer daaroor, mid year moderation, toetse ens. Min slaap, min tyd en min kuier. Maar dis nou vakansie so ek het weer tyd!


ek het vanoggend my persoonlike rekenaar aangeskakel, op google geklim en bietjie rond gemoer, toe bietjie gefacebook,  foto's gekyk, comments geleees, jy weet, die gewone sielsdodende facebook experience. Net soos ek wou afsluit vang iets my oog...ek scroll franticly af met my muis en sien n wonderlike verskyning!

Slechte Mensen music video!


Bittereinder het hierdie awesome song gelaunch met hulle debuut album einde laasjaar, en was definitief vani heel eerste luister af 'n wenner in my boek! Die musiek video is puik! Die donker atmosfeer, die catscan slides, die flitsende gesigte en woorde, alles vloei perfek inmekaar in.

Louis Minaar het werklik n talent om musiek te kan vat en dit perfek vanaf klank oor te dra na visuele beeld. Die song  IS die beeldmateriaal.Weldone man, weldone, hoop om nog vele van ju produksies te sien!

Goeiewerk manne, keep it coming!

No comments:

Post a Comment

Please Leave Your Comment Below